Loading
2 Bedroom Property for Sale in Mookgopong Limpopo

R 798 000
video
video
video
video

Property features

  • R 798 000
  • 2 Bedrooms
  • 1.0 Bathrooms
  • 1 Living Room/s
  • Garage for 0  car/s
  • Outside Parking for 2 car/s
  • No Pets
  • Garden

Property Details

EKSKLUSIEWE MANDAAT - Opgegradeerde 2 slaap, 1 badkamer grasdakhuisie te koop in Die Oog Aftree Landgoed – Aktiewe aftrede op sy beste

Hierdie oulike en goed onderhoude grasdakhuisie is ‘n ideale aftree huisie vir die enkel pensionaris of paartjie wat wil afskaal en aftree in die gewilde Die Oog Aftree Landgoed. Die woning bied twee slaapkamers en een badkamer met en-suite toegang vanaf die hoofslaapkamer, asook ‘n oopplan kombuis, eetarea en sitkamer wat ‘n gevoel van ruimte en gemak skep.

Die hoofslaapkamer is ruim en toegerus met baie ingeboude kaste – ideaal vir gerieflike en georganiseerde leefruimte. Die kombuis, hoewel kompakt, is prakties ingerig met stylvolle granietblaaie wat nie net ‘n moderne voorkoms gee nie, maar ook duursaam en maklik skoon te hou is.

Vanuit die sitkamer lei ‘n groot glas skuifdeur na die tuin en lapa – perfek vir ontspanne kuiers saam met familie en vriende. Die erf bied genoeg buiteruimte vir gesellige saamwees en tuinliefhebbers.

Die tweede slaapkamer is kleiner, maar veelsydig – ideaal as gastekamer, tuiskantoor, stokperdjie- of stoorruimte.

Die huisie beskik ook oor ‘n afdak vir ‘n voertuig – ‘n gerieflike toevoeging vir beskerming teen die son en weer.

Geriewe en leefstyl by Die Oog

Die Oog Aftree Landgoed bied ‘n uitsonderlike lewenservaring waar gemak en aktiewe leefstyl hand aan hand gaan. ‘n Warmwater swembad, sorgeenheid, restaurant en winkeltjie is alles deel van die geriewe wat jou daaglikse lewe vergemaklik. Met Naboomspruit slegs 16 km weg – nou met ‘n Checkers wat 60/60 aflewerings by Die Oog doen – word inkopies ‘n plesier. Apteke in die dorp lewer ook daagliks medisyne en voorskrifte af.

Die warmwater swembad is ‘n gewilde kuierplek waar inwoners saans saamkom vir geselligheid of rustige ontspanning onder die sterre – ‘n plek waar jy die stilte, vars lug en natuur kan inneem.

‘n Gemeenskap soos familie

In die gemeenskapsaal word daagliks ‘n verskeidenheid aktiwiteite aangebied: Pilatus, stoelpilatus, MAP-oefeninge, strekklas, en lynsdans vir beginners tot gevorderdes. Daar is ook aktiwiteite soos jukskei, putt-putt, voël- en boomkyk, fietsry, draf en georganiseerde staptogte in die natuurreservaat. Vir die wat rustiger wil wees, is daar altyd die opsie om alleen ‘n piekniek te geniet in die pragtige omgewing.

Die restaurant en eetarea is daagliks oop met ‘n volledige spyskaart en gereelde spesiale aanbiedinge wat by elkeen se smaak en begroting pas. ‘n Bord boerekos in die saal bring mense bymekaar om stories en lag te deel – soos ‘n uitgebreide familie.

Vir die speellustiges is daar ook pooltafels op die stoep – net nog ‘n manier om pret te hê en nuwe vriende te maak.

Jou nuwe tuiste wag

Die Oog is sonder twyfel ‘n aftreebestemming waar die leuse “aktiewe aftrede” werklik tot lewe kom. Hierdie huisie is die ideale plek om die volgende hoofstuk van jou lewe met vreugde, gemeenskap en vrede te begin – van wysheid tot grysheid.

Kontak my gerus om ‘n besigtiging te reël of vir meer inligting.

See more properties

Get in touch with Agent

Subscribe to regular
updates

Interested in properties in this area? Enter your email and get regular updates about properties.

Property Not Available? Report it

See more properties